Padboumaatskappy hou veiling van sy bates
Die padkonstruksiemaatskappy Tau Pele Namibia gaan ‘n veiling hou. Die maatskappy geleë by Brakwater, met ook ‘n tak op Keetmanshoop, se bates sal opgeveil word. Die bieproses sal na verwagting op 16 Augustus sluit. Die maatskappy is in 2007 gestig en het volgens sy webtuiste meer as 500 mense in diens. Die bestuurspan het praktiese ervaring van siviele ingenieurswese van meer as 30 jaar en die maatskappy besit ‘n groot vloot konstruksie-toerusting wat opgeveil sal word. Projekbestuurder Tiaan Badenhorst het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gee die redes waarom Tau Pele van sy bates gaan opveil…
Leave a Reply