Padfiets-wedrenne skop af met rekord inskrywings
Vanjaar se padfiets-wedren program het met ‘n knal afgeskop, met die eerste resies in die reeks wat ‘n rekord 220 inskrywings gelok het. Alex Miller en Melissa Hinz het die eerste van die ses wedrenne in die 2024 Nedbank Windhoek Pedal Power-padfietsreeks op die Dordabis-pad oos van die hoofstad gewen. Christiaan Janse van Rensburg van Suid-Afrika was tweede in die mansresies, met Daniel Abraham van Nederland derde. Vera Looser was tweede agter Hinz in die vroue-resies.
Leave a Reply