Pakistan almal uit vir 211 op Dag 1, SA 82 vir 3
Krieket: Pakistan is uitgeboul vir ‘n beskeie 211 met Suid-Afrika wat 82 vir 3 op die telbord gehad het, aan die einde van spel op die openingsdag van die eerste toets in Centurion. Dane Paterson het vir die tweede keer in opeenvolgende wedstryde vyf paaltjies geneem, terwyl Corbin Bosch vier in sy debuut vir die Proteas laat kantel het. Aiden Markram het die Proteas se kolfbeurt met ‘n onoorwonne 47 oorheers, maar Tony de Zorzi, Ryan Rickelton en Tristan Stubbs is almal met enkelsyfers terug pawiljoen toe. Suid-Afrika sal vanoggend hervat met Markram en Temba Bavuma op die kolfblad.