Pakistan breek 20 jaar se drie-nasies-droogte
Pakistan se Krieketraad sê hy gaan teen Suid-Afrika en Nieu-Seeland speel in ‘n internasionale driehoekige eendag-reeks. Dit is die land se eerste toernooi waarby drie nasies betrokke is, ná ‘n stilte van 20 jaar. Internasionale krieket het eers in 2020 ten volle na Pakistan teruggekeer, ná aanvalle op die Sri Lankaanse spanbus in Lahore in 2009. Pakistan is twee jaar later van sy reg ontneem om die Wêreldbeker-toernooi gesamentlik aan te bied, met veiligheidskwessies wat steeds voortduur. Die land het laas in 2004 ‘n driehoekige reeks aangebied, met Sri Lanka en Zimbabwe as teenstanders.
Leave a Reply