Pandemie-babas kommunikeer swak – studie – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Pandemie-babas kommunikeer swak – studie – Kosmos 94.1
Pandemie-babas kommunikeer swak – studie – Kosmos 94.1



Pandemie-babas kommunikeer swak – studie

‘n Studie deur die Royal College of Surgeons in Ierland het die uitwerking van Covid-19-beperkings uitgelig op babas wat tydens die pandemie gebore is. Daar is gekyk na die gevolge op die gesondheid en ontwikkeling van babas. Die studie onthul die babas het beperkte interaksie ervaar en waarskynlik minder woorde gehoor omdat hulle huisgebonde was. Dit het gelei tot ‘n vertraging in kommunikasie in vergelyking met dié van kinders wat vroeër gebore is. Een uit elke vier babas het ook teen hul eerste verjaardag nog nie ‘n ander kind van hul ouderdom ontmoet nie.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.