Paneel ondersoek SA lugvaartkwessies
Vervoerminister Barbara Creecy het ‘n komitee van lugvaartkenners aangestel om die kwessies te ondersoek wat die Lugverkeer- en Navigasiedienste in die wiele ry. Die entiteit sukkel met uitdagings in die onderhoud van vluginstrumentprosedures, werwing en infrastruktuurbelegging. DIe komitee, gelei deur vooraanstaande lugvaartkundiges, sal teen Januarie 2025 ‘n voorlopige verslag indien. Creecy het die entiteit se kritieke rol beklemtoon in lugvaartveiligheid en toerismegroei. Sy lig ook die behoefte uit aan volhoubare oplossings om vertragings teen te werk en operasionale doeltreffendheid te verseker.