Parkhouse waarsku oor nie-nakoming deur werkgewersverenigings
Reaksie word ontvang op die arbeidsministerie se aankondiging dat net vyf uit 47 vakbonde en twee uit 17 werkgewersverenigings die Arbeidswet nakom. Die organisasies is by die kantoor van die arbeidskommissaris geregistreer maar, dien nie ouditverslae, ingevolge die wet, in nie. Die arbeidsministerie sê sommige het sedert registrasie nog nooit enige verslae ingedien nie. Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging maan die organisasies om aan die nodige bepalings te voldoen.
Leave a Reply