Parys kroon kampioen-kelners in ‘koffie-resies’
Kelners het ‘n skinkbord met ‘n koffie, croissant en glas water vir 2 kilometer deur Parys se strate gedra en seker gemaak dat hulle nie ‘n druppel mors nie.
Die ikoniese Course des Cafes of “koffie-resies” is ‘n 110-jaar oue tradisie waar kelners deur Parys se strate draf terwyl hulle koffie en croissants balanseer.
Die wedren se vroulike en manlike wenners, Pauline van Wymeersch en Samy Lamrous, het elkeen kaartjies vir die openingseremonie van die Olimpiese Spele hierdie somer gekry. Ander top-presteerders het geskenkbewyse aan restaurante regoor die stad ontvang.
Hoeveel kilometer sal jy kan draf met ‘n koppie koffie sonder om ‘n druppel te mors?
Foto: Verskaf
Leave a Reply