Pence onttrek uit Republikeinse wedloop
Voormalige Amerikaanse visepresident Mike Pence het hom aan die presidensiële wedloop in 2024 onttrek en sê dis nie sy tyd nie. Pence is die eerste Republikeinse kandidaat wat sy veldtog opskort. Onlangse peiling toon sy ondersteuning het gekwyn en sy veldtog is besig om skuld op te hoop. Die jongste syfers toon dat hy 621 000 Amerikaanse dollar teen einde September in die rooi was. Pence het talle Republikeinse ondersteuners verloor na hy met sy voormalige baas, Donald Trump gebreek het na die gebeure van 6 Januarie.
Leave a Reply