Pensioenarisse en munisipale skuld: Jy kan nie bloed uit ‘n klip tap nie
Die Stad Windhoek word byna 225 miljoen Namibiese dollar deur meer as 20 000 pensioenarisse geskuld. Daar is voorstelle om die skuld af te skryf, wat na verwagting rente sal insluit wat deur alle inwoners verskuldig is. In Mei 2023 was die Stad ‘n verbysterende 1,2 miljard Namibiese dollar geskuld. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n kenner van aftreefondse, Hein Kruger van Kruger Internasionaal in Suid-Afrika, gesels oor hoe die bejaardes dit gaan regkry om hul skuld terug te betaal, veral wanneer hulle net op hul 1 400 Namibiese dollar pensioentoelae van die regering oorleef.
Leave a Reply