Pensioenarisse geteiken in munisipale-rekening-slenter
Daar is talle slenters wat op die oomblik gebruik word en die jongste is agterstallige water- en kragrekenings. Kosmos 94.1 het verneem van slagoffers in die hoofstad sowel as aan die kus, en pensioenarisse word meestal geteiken. Die persoon wat skakel dreig om dienste te sny indien geld nie onmiddellik deur middel van ‘n selfoonbetaling oorgedra word nie. Daar is berigte dat een verbruiker in die hoofstad uit 12 000 Namibiese dollar bedrieg is en ‘n pensioenaris aan die kus, uit 5 000 dollar. Daar word vermoed die verbruikers se rekenings is effe agterstallig en dus word hulle geteiken. Kosmos 94.1 Nuus het met Celie Kapolo, woordvoerder by Stad Windhoek gesels.
Leave a Reply