Permitte vir Zimbabwiërs in SA verleng
Binnelandse Sake in die buurland het die geldigheid van die vrystellingspermit vir Zimbabwiërs vir ongeveer 178 000 Zimbabwiese burgers met ‘n bykomende twee jaar verleng. Minister Aaron Motsoaledi sê kwalifiserende Zimbabwiese burgers moet aansoek doen vir nuwe permitte. Hy beklemtoon permithouers sal nie toegelaat word om die permit na die tydperk van twee jaar te hernu nie. Motsoaledi sê permithouers kan ook nie die status van die permit in Suid-Afrika verander nie en is verplig om inligting bekend te maak oor kinders wat in die land gebore of daar woonagtig is.
Leave a Reply