Petrofund lei plaaslike talent op vir oliebedryf
Namibië het ‘n groot poel van gekwalifiseerde mense wat in die land se opkomende olie- en gasbedryf kan werk. Dit is volgens Nillian Mulemi, die hoof uitvoerende beampte van die Petroleum-opleiding en Onderwysfonds, Petrofund. Sy sê Petrofund het begin met programme om Namibiërs op te lei met die nodige vaardighede om in die opkomende sektor te werk. Petrofund is ‘n statutêre liggaam van die Namibiese regering wie se mandaat is om kapasiteit vir die land se petroleumbedryf te bou. Daar is ‘n beursfonds ter waarde van 4,9 miljoen Namibiese dollar vir 34 studente. Mulemi sê 8 400 CV’s is reeds ontvang.
Leave a Reply