Piesangboere in KZN skakel oor na neute
Die KwaZulu-Natal Banana Company sê daar is wêreldwyd ‘n groeiende aanvraag na makadamianeute. Daarom het ‘n aantal Suid-Afrikaanse piesangsboere oorgeslaan na makadamiaboerdery. Sowat 80 persent van die piesangboere in KZN se Suidkus is lede van die maatskappy en die meeste van hierdie boere het op dele van hulle plase makadamiabome aangeplant. Die maatskappy se voorsitter, James Miller, sê die makadamiabedryf bied effens hoër winsgrense. Die Suid-Afrikaanse Makadamiavereniging sê vanjaar se oes van 81 556 ton is 18,5 persent hoër as verlede jaar.
Leave a Reply