Pistorius se paroolsaak word deur Korrektiewe Dienste bestudeer
Die buurland se Departement van Korrektiewe Dienste sê hy bestudeer ‘n Konstitusionele Hof-bevel wat bevestig die veroordeelde moordenaar, Oscar Pistorius, het teen die 21ste Maart vanjaar die helfte van sy vonnis uitgedien. Dit beteken hy kom al meer as ses maande lank vir parool in aanmerking. Pistorius het ‘n aansoek by die Konstitusionele Hof ingedien om uit te klaar of hy vir parool in aanmerking kom nadat hy byna sewe jaar van sy vonnis uitgedien het. Hy het sy vriendin Reeva Steenkamp in 2013 doodgeskiet. Die departement sê hulle moet toesien dat die hofbevel korrek uitgevoer word.
Leave a Reply