Plaaslike petrol is steeds te duur so opheffing van Angolese subsidies help niks – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Plaaslike petrol is steeds te duur so opheffing van Angolese subsidies help niks – Kosmos 94.1
Plaaslike petrol is steeds te duur so opheffing van Angolese subsidies help niks – Kosmos 94.1



Plaaslike petrol is steeds te duur so opheffing van Angolese subsidies help niks

Die opheffing van brandstofsubsidies in Angola het nie ‘n noemenswaardige impak op plaaslike smokkelary nie. Die Angolese regering, wat in 2022 meer as 65 miljard Namibiese dollar op die subsidies bestee het, het dit deels opgehef wat tot reuse-protesaksies in Junie gelei het. Die brandstofprys in die buurland het verdubbel vanaf net meer as 3 Namibiese dollar ‘n liter na net meer as 6,6 dollar ‘n liter. Noord van die rooilyn kos ‘n liter petrol 20 dollar 37 sent terwyl diesel teen 19 dollar 64 verhandel. Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar in die noorde van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dit was veronderstel om verligting te bring, maar Namibië se brandstof is egter steeds duur, so mense sal steeds Angolese brandstof gebruik.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.