Plastiekafval veroorsaak kragonderbrekings in Kongo
Plastiekafval wat in ’n groot hidro-elektriese dam in die ooste van die Kongo invloei, veroorsaak gereelde kragonderbrekings in verskeie groot stede, wat ’n uitdaging skep wat plaaslike owerhede probeer oplos. Die Ruzizi-dam wat aan die suidpunt van die Kivu-meer geleë is, voorsien die stad Bukavu en ander van elektrisiteit en die kragonderbrekings knou plaaslike besighede. Die probleem hou verband met die toenemende gebruik van plastiek tesame met ‘n gebrek aan vullisversameling in die streek. Swaar reënval veroorsaak dat afval van die bergagtige terrein af na die meer vloei, waar dit die masjinerie versamel en blokkeer. Skoonmakers poog elke dag om die plastiekbottels, -kanne en ander puin uit te haal wat veroorsaak dat die dam se masjinerie ure lank stilstaan. Ten spyte van hul pogings, versamel die plastiek en veroorsaak dit onderbrekings.