Poging vir beter dienslewering by binnelandse sake
Die binnelandse sake-ministerie het kliëntediensvloerbestuurders vanaf sy hoofkantoor in Windhoek na al 14 streke ontplooi om opleiding aan personeellede te verskaf, as deel van sy pogings om dienslewering te verbeter. Margaret Kalo, woordvoerder van die ministerie, sê die bestuurders het opleiding van die ministerie se skakelafdeling ondergaan. Hulle sal nou personeellede oplei in die verskaffing van doeltreffende diens, kommunikasievaardighede, kliëntediens en hindernisse tot effektiewe kommunikasie. Die inisiatief is om te verseker dat die ministerie uitstekende diens lewer aan alle kliënte en sal ‘n deurlopende oefening wees.
Leave a Reply