Pogings teen babstortings duur voort
Die Ruach Elohim-stigting, ‘n vrywilliger-vereniging met ‘n bababoks in Swakopmund, verhoog bewustheid oor babastorting en verskaf sorg aan ongewenste, verlate, mishandelde en verwaarloosde babas in Namibië. Ruach Elohim pleit by ma’s wat ongewenste babas het om hulle nie te stort nie, maar om hulle in die bababoks op die hoek van Dr. Schwietering- en Bottle Treestraat in Ocean View, Swakopmund, te laat. Die stigting se stigters is Ronel en Dick Peters. Ronel Peters het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die aantal babas wat hulle sedert hul ontstaan ontvang het en die aantal babas wat in 2023 afgelaai is.
Leave a Reply