Polisie maan oor vermiste Joslin
Die Wes-Kaapse polisie waarsku oor vals inligting oor die verdwyning van Joslin Smith in Saldanhabaai. Weens die tydsverloop sedert sy as vermis aangemeld is, het die polisie sy soektog en ondersoek uitgebrei deur verskillende benaderings te volg en gespesialiseerde bronne in te span. ‘n Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie, sê hulle verwelkom ondersteuning van burgerlikes in die soektog, maar dit moet behoorlik gekoördineer word en binne die wet geskied.
Leave a Reply