Polisie maan weer oor slenters, jongste een op Tsumeb
Inspekteur Ellen Nehale, woordvoerder van die polisie in die Oshikoto-streek, het die publiek versoek om waaksaam te wees en teen swendelaars te waak. ‘n Saak van diefstal onder valse voorwendsels is in Tsumeb geopen na ‘n oud-werknemer van Telecom Namibia glo gesê het die maatskappy veil voertuie op wat werknemers teen bekostigbare pryse kan koop. Die slagoffer het 148 000 Namibiese dollar in die man se bankrekening betaal om die bakkie te koop. Die motor sou op 4 September afgelewer word. Die motor het nie gekom nie en die polisie het ondersoek ingestel en bevind geen voertuie word verkoop nie en 11 000 dollar van die fondse is reeds gebruik. Die rekening is gevries. Lede van die publiek word gemaan om geen betalings te maak voor goedere nie fisies gesien is nie.
Leave a Reply