Polisieman ry voetganger op Walvis dood
Die Erongo-polisie sê ‘n lid van die mag, wat aandiens was, het net na tien-uur Saterdagaand ‘n voetganger in Nangolo Mbumba-rylaan in Walvisbaai doodgery. Volgens hoofinspekteur Ileni Shapumba is die Toyota-bakkie beskadig en die 54-jarige Ruben Nangombe is op die toneel dood. Die bestuurder en sy passasier is ongedeerd. ‘n Ondersoek is gelas na die voorval maar geen arrestasie is gemaak nie.