Politieke perspektief nodig om Gaza-Israel krisis op te los
Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê Israeli’s en Palestyne het ‘n politieke perspektief nodig om die huidige spiraal van geweld te breek en hoop te hervestig. Sy het in Parys gepraat by die Internasionale Humanitêre Konferensie vir Gaza se burgerlike bevolking. Die Europese Unie het agt vlugte met meer as 370 ton medisyne, water en sanitêre items na die Rafah-kruising gestuur vir aflewering in Gaza. Von der Leyen sê die internasionale gemeenskap moet saamwerk om lewens te beskerm en die mensdom in Israel sowel as Palestina te bewaar:
Leave a Reply