Posbank sê alle SASSA-betalings is voltooi
Die Suid-Afrikaanse Posbank het bevestig al die uitstaande toelaebetalings van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid is suksesvol verwerk en in begunstigdes se rekenings deponeer. Dit volg nadat ‘n stelselkwessie vroeër hierdie maand probleme geskep het. Die Posbank se woordvoerder, Bongani Diako, waarsku teen pogings om die stelsel te bedrieg om dubbele betaling te ontvang, en beloof om sulke gedrag by wetstoepassingsagentskappe aan te meld. Hy sê hulle sal verseker die ware begunstigdes ontvang die nodige bystand:
Leave a Reply