Positive Vibes hoop vir ‘n positiewe uitkoms in sodomie-saak
Menseregte en gelykheid is vandag in die nuus met die sodomie-wet wat in die hoërhof uitgedaag word. Friedel Dausab, die aansoeker in die saak, daag die ministers van justisie en binnelandse sake, sowel as die aanklaer-generaal en die prokureur-generaal uit. Hy voer aan dat die twee gemenereg-misdade, sodomie en onnatuurlike seksuele misdrywe, voortgaan om paartjies van dieselfde geslag te stigmatiseer en te marginaliseer. Hy sê die doel van die wette is om private gedrag van volwassenes te kriminaliseer. Flavian Rhode die uitvoerende direkteur van Positive Vibes, wat Dausab in sy regspogings ondersteun het met Kosmos 94.1 Nuus by die hof gesels.
Leave a Reply