Pretoria Sakekamer soek ingryping oor kragmeters
Die Pretoria Sakekamer sê hy het ‘n dringende kennisgewing aan die Tshwane-stadsbestuur gestuur en onmiddellike ingryping gevra. Dit hou verband met die onthulling dat talle sake-ondernemings en inwoners wat Tshwane se voorafbetaalde slim-meters gebruik, die gevaar loop om sonder krag te sit. Die Pretoria Sakekamer se voorsitter, Fergus Ferguson, sê hierdie moontlike kragonderbrekings sal veroorsaak word deur merkbare vertragings in die toekenning van voorafbetaalde elektrisiteit.
Leave a Reply