PDM: Privaat sektor steun hoofsaaklik behuisingsprojekte
Die amptelike opposisieparty sê die regering moenie Namibiërs probeer mislei met die verskaffing van behuising aan lae-inkomste verdieners nie. Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling sê dit het 33 huise aan die Shack Dwellers Federation in Windhoek se informele nedersetting Okahandja Park oorhandig. Van die 33 huise is 22 deur die ministerie befonds, terwyl Standard Bank elf huise befonds het. Die skaduminister van finansies van die PDM, Nico Smit, sê dit is nie waar nie en die regering maak leë beloftes voor die 2024-verkiesing. Kosmos 94.1 Nuus het met Smit gepraat wat sê dat die privaat sektor hierdie behuisingsprojekte hoofsaaklik ondersteun.
Leave a Reply