Prokureurs in Oos-Kaap wil VSA dagvaar

Home Uncategorized Prokureurs in Oos-Kaap wil VSA dagvaar
Prokureurs in Oos-Kaap wil VSA dagvaar

Prokureurs in Oos-Kaap wil VSA dagvaar

‘n Groep Oos-Kaapse prokureurs, gelei deur die regsfima Wikus van Rensburg-prokureurs in Gqeberha, het ‘n kennisgewing uitgereik oor hulle voorneme om ‘n siviele saak aanhangig te maak teen die Amerikaanse regering oor sy beweerde steun vir die konflik in Gaza. Van Rensburg, die stigter van die firma, beskuldig die Amerikaanse regering van aanspreeklikheid en medepligtigheid met sy steun vir Israel. Van Rensburg sê, sou die hof bevind Israel het internasionale wette oortree, sal hulle ook ‘n siviele saak najaag teen Brittanje vir sy medepligtige optrede.

source

Leave a Reply

Your email address will not be published.