Proteas rol Australië met 134 lopies
Krieket: Die Proteas het Australië in 40,5 boulbeurte vir 177 uitgeboul en met 134 lopies verpletter in hul Wêreldbeker-wedstryd in Lucknow, Indië. Quinton de Kock, wat 109 lopies van die Proteas se totaal van 311 vir sewe aangeteken het, is aangewys as die speler van die wedstryd. Kagiso Rabada was die beste bouler met syfers van drie vir 33 in 8 boulbeurte, waarvan een leeg was. Australië se hoogste telling van 46 is deur Marnus Labuschagne aangeteken, terwyl Glenn Maxwell die beste van sy boulers was met twee vir 34 in 10 boulbeurte, waarvan een leeg was.
Leave a Reply