Proteas vermorsel Engeland in rekord-sege
Heinrich Klaasen het ‘n briljante Wêreldbeker-honderdtal geslaan en Suid-Afrika gehelp om Engeland in Mumbai met ‘n rekord 229 lopies te klop. Die kampioene se verdediging van hulle titel wankel nou. Klaasen het, ondanks herhaalde krampe, 109 aangeteken vir ‘n reuse totaal vir die Proteas van 399 vir sewe. Engeland het toe ineengestort tot 170 almal uit. Dit was hulle ergste eendag-nederlaag ooit. Na drie loesings in vier Wêreldbekerwedstryde sal hulle nou sukkel om vir die halfeind te kwalifiseer.
Leave a Reply