Pryse sal styg soos Putin graanooreenkoms kanselleer
Die Kremlin het die einde van die ooreenkoms wat die Oekraïne toegelaat het om op veilige wyse graan uit te voer, aangekondig. Dit verstryk vandag. Moskou het nie ingestem om die ooreenkoms, wat deur die Verenigde Nasies bewerkstellig is, te verleng nie tensy daar aan sy eise oor sy eie graan en kunsmis voldoen word nie. Die ooreenkoms het Oekraïne die afgelope jaar in staat gestel om ten spyte van die oorlog meer as 32 miljoen ton graan en ander voedsel veilig oor die Swartsee te vervoer. Die hoof van Bokomo Namibia Hubertus Hamm meen daar behoort geen tekorte aangeteken te word nie maar, die prys van koring veral, sal styg.
Leave a Reply