Publiek kan vervolg word vir die koop van gesteelde goedere
Die Namibiese polisie waarsku lede van die publiek dat dit ‘n kriminele oortreding is om gesteelde goedere te koop. Dit kom na toenemende insidente waar lede van die publiek onbewus in besit van gesteelde goedere gevind is. In die verband waarsku die mag dat veral goedere wat op straat gekoop word, bevat ‘n hoë risiko, nie net vir kriminele klagte nie, maar ook dat toerusting nie werk nie. Die polisie sê solank daar ‘n mark is vir gesteelde goedere sal diefstal voortduur en in sommige gevalle, kan dit ‘n lewe kos. Die publiek word gemaan om te vra vir die oorsprong van die goedere en uiters versigtig te wees.
Leave a Reply