Putin & Erdogan vergader Maandag oor graanooreenkoms
Die Russiese president, Vladimir Putin, is Maandag die gasheer vir samesprekings met sy Turkse eweknie, Recep Tayyip Erdogan. Die aankondiging deur die Kremlin volg net meer as ses weke ná Moskou ‘n ooreenkoms verbreek het wat Ankara en die Verenigde Nasies onderhandel het. Dit het Oekraïnse graan toegelaat om wêreldmarkte ondanks die oorlog veilig te bereik. Die Swartsee-graan-inisatief het die uitvoer van graan en ander voedsel na dele van Afrika, die Midde-Ooste en Asië moontlik gemaak, waar hongersnood ‘n toenemende bedreiging is.
Leave a Reply