Putin poog steeds om Kiëf by aanval te betrek
Die Russiese president Vladimir Putin het erken radikale Islamiete was aanspreeklik vir Vrydag se dodelike aanval op konsertgangers in Moskou, maar hou vol hulle het ‘n band met Oekraïne en die Weste. Altesaam 139 mense is dood en tientalle beseer toe vier aanvallers met outomatiese wapens en brandtoestelle op die konsertteater toegeslaan het. Die Islamitiese Staat het later aanspreeklikheid erken en beeldmateriaal van die aanval vrygestel. Die Verenigde State het gesê hulle het twee weke vroeër reeds intelligensie met Moskou gedeel en Putin gewaarsku teen ‘n dreigende terreuraanval deur I-S, maar Putin het die waarskuwing verontagsaam.
Leave a Reply