Putin vra Erdogan om te help met sy uitvoere na Afrika – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Putin vra Erdogan om te help met sy uitvoere na Afrika – Kosmos 94.1
Putin vra Erdogan om te help met sy uitvoere na Afrika – Kosmos 94.1



Putin vra Erdogan om te help met sy uitvoere na Afrika

Die Russiese President Vladimir Putin het Turkye genader om te help om sy graan na sukkelende lande in Afrika uit te voer. Rusland het verlede maand uit ‘n VN-Turkse-ooreenkoms onttrek, waarvolgens Oekraïnse graan-uitvoere langs roetes in die Swart See moontlik gemaak is. Die Russiese regering was ontevrede oor die ooreenkoms nie tot voordeel van sy eie uitvoere ook was nie. Volgens die Kremlin het Putin per telefoon aan sy Turkse ampsgenoot, Tayyip Erdogan herhaal dat Rusland die ooreenkoms sal heroorweeg, op voorwaarde van meer gunstige bepalings oor sy eie kunsmis- en graan-uitvoere. Die afgelope weke is verskeie voedselstore en skakels in die Oekraïnse graanvoorsienings-ketting deur Russiese aanvalle geteiken. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.