Putin-vyans Navalny, 47, sterf
Russiese opposisieleier Alexei Navalny is dood nadat hy ineengestort en sy bewussyn verloor het. Hy was by ‘n strafkolonie noord van die Noordpoolsirkel waar hy ‘n lang tronkstraf uitgedien het. Navalny, verreweg Rusland se beroemdste opposisieleier, het meer as ‘n dekade gelede bekendheid verwerf deur die elite-klas rondom president Vladimir Poetin te teiken en aantygings van korrupsie op groot skaal uit te spreek. Owerhede ondersoek glo nog die oorsaak van die 47-jarige se skielike dood. Dit kom nadat Westerse lande gewaarsku het dat Rusland besig is om massas wapens te vervaardig, waaroor groot kommer heers
Leave a Reply