R100m se vervalste goedere in Bellville gevind
Vragte vervalste goedere, met ‘n beraamde straatwaarde van meer as 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand, is by ‘n winkelkompleks in Bellville, Kaapstad, gevind met vier verdagtes wat in hegtenis geneem is. Andre Traut, polisiewoordvoerder, sê die gesamentlike operasie is gelei deur die polisie, doeane en aksyns, en handelsmerkbeskermers. Hy sê ‘n verskeidenheid bekende handelsmerke sowel as onwettige tabakprodukte is gevind. Die ondersoek duur voort en nog arrestasies word verwag.
Leave a Reply