Regter: Ramaphosa het niks te baat by OB-skorsing
Die Konstitusionele Hof in die buurland het beslis President Cyril Ramaphosa se skorsing van die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, was regmatig en geldig. Adjunk-hoofregter Mandisa Maya het die uitspraak voorgelees en gesê Ramaphosa het niks om te baat by haar skorsing nie. Maya sê die President het bloot die kantoor van die Openbare Beskermer beskerm. Sy het ook bevind die kwessie van die plaas Phala Phala was nie ‘n bydraende faktor tot die besluit nie. Maya sê Mkhwebane se skorsing bly ‘n voorsorgmaatreël en daar was nie skade aan haar reputasie nie.
Leave a Reply