Ramaphosa praat vanaand oor Lady R, Brics
President Cyril Ramaphosa spreek vanaand die Suid-Afrikaanse nasie toe oor die Brics-beraad en die Lady R-ondersoek. Dit volg na die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshaveni bevestig het die onafhanklike ondersoek se verslag oor die vasmeer van ‘n Russiese vragskip in Simonstad in Desember, is aan Ramaphosa oorhandig. Al hoe meer stemme gaan op vir die verwydering van die Amerikaanse ambassadeur, Reuben Brigety, na sy openbare aantyging oor wapens wat aan boord die vaartuig gelaai is. Ramaphosa gaan ook terugvoer gee oor die uitkomste van die Brics-beraad.
Leave a Reply