Ramaphosa skors adjunkminister Dipuo Peters

Home Uncategorized Ramaphosa skors adjunkminister Dipuo Peters
Ramaphosa skors adjunkminister Dipuo Peters


Ramaphosa skors adjunkminister Dipuo Peters

Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa het die adjunkminister van kleinsake-ontwikkeling, Dipuo Peters, geskors. Dit volg nadat die parlement se gesamentlike komitee oor Etiek en Ledebelange bevind het Peters het die Etiese Gedragskode oortree in haar voormalige portefeulje as vervoer-minister. ‘n Klagte is in 2022 teen Peters ingedien omdat sy nie ‘n uitvoerende hoof vir Prasa aangestel het nie, en die raad afgedank het. Sy het ook versoek Prasa-busse moet vir die ANC gebruik word vir vieringe op 8 Januarie 2015, waarvoor nie betaal is nie. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, het die skorsing en sanksies bevestig.



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.