RandWater sê Gauteng se krane bly oop
Die grootmaat-waterverskaffer Rand Water het die publiek die versekering gegee hy het ‘n voldoende voorraad vir Gauteng. Die bedryfshoof Sipho Mosai het aansprake ontken dat hulle misluk het om aan die waterbehoeftes van hulle kliënte te voldoen en beklemtoom die belangrikheid van verantwoordelike waterverbruik. Mosai gee toe, die verbruik van water neem toe in die drie metro’s in Gauteng – Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni. Hy moedig munisipaliteite aan om maatreëls in te stel om die gebruik van water te verminder. Mosai skryf die wateruitdagings in munisipaliteite toe aan beplande en onbeplande onderhoud.
Leave a Reply