Reddingspoging van 7 ure om 8 uit hangende kabelkar te red
Al die agt die insittendes van ‘n kabelkarretjie is in ‘n reddingsending in die noordweste van Pakistan gered. Helikopters is ingespan om sewe kinders en ‘n onderwyser te red wat vasgekeer was in ‘n kabelkarretjie 274 meter bo ‘n skeurkloof by Battagram. ‘n Kabel het gebreek aan die toestel waarmee plaaslike inwoners die afstand na skole en werk verkort. Die waarnemende premier, Anwaar-ul-Haq Kakar, het beveel ‘n helikopter moet gestuur word om reddingswerkers te help om die groep te red. Kakar het ook die owerhede beveel om die veiligheid van alle privaat kabelkarretjies na te gaan.
Leave a Reply