Regeringsafsluiting in VSA afgeweer
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het geslaag om ‘n wetsontwerp deur te voer wat ‘n regeringafsluiting vermy. Die vorige wetsontwerp, wat tydelik was, verval Vrydag en indien die Huis gefaal het, sou talle federale werkers byvoorbeeld, nie salarisse ontvang het nie. Die speaker Mike Johnson het daarin geslaag om 209 stemme van die Demokrate te kry en 127 van Republikeine wat hom by verre ‘n twee-derde meerderheid gegee het. Die Senaat is volgende aan die beurt en kenners meen dit sal daar deurseil sonder enige probleme.
Leave a Reply