Regeringstilstand amper onafwendbaar in VSA
Die waarskynlikheid van ‘n regeringsafsluiting in Amerika is aan die toeneem terwyl die leier van die Huis van Verteenwoordigers, die Republiklein Kevin McCarthy, naarstiglik probeer om ‘n ooreenkoms te bereik. Amerikaanse wetgewers staar ‘n spertyd van middernag vannag in die gesig om ‘n nuwe begroting goed te keur, voor duisende federale werknemers op onbetaalde verlof geplaas word. ‘n Korttermyn-befondsingswetsontwerp is in die Senaat met die steun van albei partye goedgekeur, wat die spertyd vir ‘n ooreenkoms oor ‘n langer termynbegroting tot 17 November sou verleng. Maar dit moet eers in die Huis van Verteenwoordigers goedgekeur word voor dit wet kan word.
Leave a Reply