Registrasie moet plaasvind vir inlywingskole
Die Wes-Kaapse LUR vir kultuursake en sport, Anroux Marais, doen ‘n beroep op inlywing-skoolhoofde en forums om te registreer vir die 2023-somerseisoen. Haar waarnemende woordvoerder, Tania Colyn, sê ingevolge Artikel 26 van die Wet op Gebruiklike Inlywing moet ‘n skool minstens drie maande voor die aanvang van ‘n inlywing-seisoen geregistreer wees. Sy sê sodanige registrasie is slegs geldig vir die spesifieke seisoen wat op die registrasie-sertifikaat aangedui is.
Leave a Reply