Rekord-oorwinning vir Pumas teen Wallabies

Home Uncategorized Rekord-oorwinning vir Pumas teen Wallabies
Rekord-oorwinning vir Pumas teen Wallabies

Rekord-oorwinning vir Pumas teen Wallabies

ʼn Week nadat die Wallabies ʼn agterstand van 10-0 uitgewis het om die eerste toets met 20-19 te wen, het die Pumas wraak geneem in Santa Fe deur die meeste punte aan te teken wat Australië nog ooit in ʼn toets afgestaan het. Die oorwinning van 67-27 plaas die Pumas nou tweede op die puntetabel, agt punte agter voorlopers Suid-Afrika met nog twee wedstryde oor. Die Wallabies is laaste. Argentinië moet die Springbokke nou in hulle laaste twee wedstryde klop om die Rugbykampioenskap die eerste keer te wen.

source