Rekords spat op nasionale swemkampioenskap
Twee-en-twintig nasionale rekords het gespat in die Namibië watersport-federasie se jaarlikse nasionale kortbaan-swemkampioenskap wat van Donderdag tot Sondag by The Cube in Swakopmund aangebied is. Plaaslike swem-klubs het die toneel oorheers, terwyl swemmers van Suid-Afrika, Zambië en Angola ook deelgeneem het. Dolphins swem-klub van Windhoek en Aqua swem-klub van Swakopmund was baas in die aflosse en het tien nuwe rekords tussen hulle gedeel. Van die individuele uitblinkers was die 12-jarige Roselinda Matyayi van Aqua wat 11 Namibiese ouderdomsrekords verbeter het. Oliver Durand, 16, en die 12-jarige Ainoa Naukosho het elk vyf rekords laat tuimel.
Leave a Reply