Renosterstroper en profeet Babi se appèldatums vandag bepaal
Die renosterstroper en selfverklaarde profeet Jackson Babi, is een van 34 appèlsake wat voor adjunk-regterpresident Hosea Angula vandag voorkom. Babi appelleer teen sy vonnis van 27 jaar vir renosterstropery. Hy is in September verlede jaar op Gobabis op 11 klagte skuldig bevind. Hy is in Mei 2020 in Kleine Kuppe in hegtenis geneem na ‘n klopjag op sy huis en renosterhorings wat daar gevind is, hom verbind het aan die stropery van twee renosters naby Gobabis. Babi het ook gepoog om die ondersoekbeampte om te koop met 13 000 Namibiese dollar om borg vir hom te verseker. Sy saak is vroeër tot vandag uitgestel vir die toewysing van verhoordatums.
Leave a Reply