Renosterstropery neig na ‘n sikliese aard – Kosmos 94.1

Home Uncategorized Renosterstropery neig na ‘n sikliese aard – Kosmos 94.1
Renosterstropery neig na ‘n sikliese aard – Kosmos 94.1



Renosterstropery neig na ‘n sikliese aard

Die Namibiese regering sê daar is ‘n sikliese neiging in renosterstropery in die land. Hoë getalle arrestasies van stropers en ander rolspelers in reaksie op ‘n stropingspiek lei tot ‘n tydelike afname in stropery totdat taktieke aangepas word wat weer getalle opstoot. Die goeie nuus is dat sedert 2018, is intelligensie in verband met renosterstropery verskerp en voorkomende arrestasies het in daardie jaar 26 bereik met 79 in 2019. In 2020 was daar 50 voorkomende arrestasies, 25 in 2021 en 47 verlede jaar. Die staat sê die onthoorning van renosters is die beste opsie om die risiko-beloning-verhouding te verskuif ten gunste van wetstoepassing. Dus, is die risiko van arrestasie hoër as die klein beloning van ‘n renosterhoringstomp en dus moet dit voortgesit word en herhaal word. Ander menings dui aan dat onthoringde renosters steeds deur stropers doodgeskiet word eenvoudig omdat hulle nie weer die dier se spoor wil vat nie. 



Source link

Leave a Reply

Your email address will not be published.