Republikeine vry in Iowa vir stemme
Dit was ‘n besige naweek by die Iowa-skou met verskeie top-kandidate vir die Republikeinse nominasie wat gevry het na ondersteuners. Die skou is uiters belangrik om dat dit derduisende besoekers lok en Iowa self is net so belangrik omdat die eerste Republikeinse koukus einde Januarie daar gehou sal word. Oudpresident Donald Trump was ook daar en sê President Joe Biden vervolg hom omdat hy wat Biden is nie ‘n verkiesing regverdig kan wen nie terwyl Florida-goewerneur Ron DeSantis ook met die publiek gepraat het.
Leave a Reply